“Hi daar. Ek is Ayesha en SÓ JY is my gemenge media bykomstighede handelsmerk.
SÓ JY het ontstaan as broodnodige kreatiewe uitlaat en persoonlike terapie vir ‘n ietwat oorblootgestelde staatsamptenaar. Dit was uiters effektief en ek het dit so baie geniet dat ek my skeppings met vriendinne gedeel het. Ek is dol daaroor om na-ure by my werkstafel te sit met ‘n stukkie polymer klei en stil te word na die dag se besig-wees. “